KABV (CAPS) Kurrikulum
By Môrester Akademie volg ons die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV / CAPS) is die nasionaal goedgekeurde kurrikulum van die Departement van Basiese Onderwys in Suid-Afrika. Dit verseker gestruktureerde, gehalte-onderrig wat ouderdomsgepas en konsekwent oor alle skole toegepas word.
Grondslagfase (Graad R – 3 | ongeveer 5–9 jaar):
Fokus op lees, skryf, syfervaardighede en lewensvaardighede deur taal-, wiskunde- en lewensvaardigheidsvakke.
Intermediêre Fase (Graad 4 – 6 | ongeveer 10–12 jaar):
Leerders neem vakke soos Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Natuurwetenskappe en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe en Lewensvaardighede.
Senior Fase (Graad 7 – 9 | ongeveer 13–15 jaar):
Die kurrikulum brei uit om kritiese denke en probleemoplossing te ontwikkel deur vakke soos tale, wiskunde, natuurwetenskappe, sosiale wetenskappe, ekonomiese bestuurswetenskappe en tegnologie.
Verdere Onderwys en Opleiding (Graad 10 – 12 | ongeveer 16–18 jaar):
Leerders volg kernvakke en gekose vakke wat hulle voorberei vir die DBO se Nasionale Senior Sertifikaat (NSC)-eksamen en verdere studie of loopbane.
Individuele Aandag
Deur kleiner klasse kan ons opvoeders elke leerder se vordering noukeurig monitor, uitdagings vroeg identifiseer en doelgerigte akademiese ondersteuning bied.
Skoolfooie
Ons skoolfooie kan óf vir die vol jaar vooruit, óf per maand vir 10 maande betaal word. Daar word korting aangebied op verskillende betalingsplanne, asook vir as daar meer as een leerder van dieselfde gesin in die skool is.
Kinderwerf
Ons bied ook die opsie van ‘n voorskool op ons perseel, vir kinders van 2 – 6 jaar. Enige leerder wat Afrikaans verstaan en in Afrikaans onderrig wil word en wat van die Christelike geloof wil leer, word by Môrester Kinderwerf verwelkom.
Databasis
As deel van ons beleid om ons leerders te help groei en ontwikkel, bied ons ook ekstra akademiese ondersteuning deur middel van ekstra werksblaaie, oefen toetse, ens.
