Môrester Akademie Wapen

’n Christelike, Afrikaanse onafhanklike skool in Vanrhynsdorp

Hoë standaard KABV-onderrig in Afrikaans, met persoonlike aandag in kleiner klasse.

Môrester Akademie is ’n Afrikaanse, Christelike, onafhanklike skool, wat die KABV (CAPS) volg, met matrikulante wat die DBO se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen aflê.

Ons fokus op kleiner klasse, individuele aandag en die holistiese ontwikkeling van elke leerder – akademies, geestelik en sosiaal.

Ons verwelkom leerders van enige moedertaal, maar deur ‘n taal-toets verseker ons dat die leerder goed genoeg Afrikaans kan verstaan, praat, skryf en lees om kwaliteit onderrig te verseker.

Hoekom Môrester Akademie?

Môrester Akademie Matrieks 2025 100% slaagsyfer

Ons Benadering

Ons verstaan dat geen twee leerders dieselfde is nie. Ons onderrigbenadering fokus daarop om elke leerder se sterkpunte en uitdagings te verstaan, ondersteuning te bied waar dit nodig is, en ’n liefde vir leer aan te moedig.

Môrester Kinderwerf

Ons skool bied ook ’n voorskool op die perseel, Môrester Kinderwerf, waar jong kinders in ’n versorgende en veilige omgewing hul grondliggende vaardighede deur gestruktureerde spel en begeleide leer kan ontwikkel.

Ons Finansies

Soos enige skool, ontvang ons ‘n subsidie vanaf die regering (WKOD), maar dit is ongelukkig nie genoeg nie. Ons maak dus staat op fondsinsamelings en donasies van die gemeenskap vir die groei en ontwikkeling van die skool.

Opsoek na ‘n skool waar u kind individuele aandag kry en kan groei in akademie, geestelik en sosiaal?

Scroll to Top