Môrester Kinderwerf
Môrester Kinderwerf is ons Afrikaanse, Christelike voorskool op die perseel vir leerders tussen 2 en 6 jaar.
Ons fokus op vroeë kinderontwikkeling deur gestruktureerde aktiwiteite, begeleide spel en ouderdomsgepaste leerervarings wat kinders voorberei vir formele skoolopleiding.
Ons Beleid
Leerders wat Afrikaans verstaan en in Afrikaans onderrig wil ontvang, word verwelkom. Dit is ’n vereiste dat leerders reeds van die doek af moet wees.
Geen diskriminasie word gemaak op grond van geloof, ras, kleur of geslag nie. Leerders se gedrag moet die ordelike en veilige omgewing van die Kinderwerf ondersteun. Leerders en ouers onderneem om die skool se reëls en dissiplinestelsel te respekteer.
Ouersamewerking is ’n belangrike vereiste, en inskrywing aan die begin van die akademiese jaar word verkies.
Ons bied die volgende aan ons leerders:
- ’n Veilige en versorgende omgewing
- Gestruktureerde daaglikse roetines
- Ontwikkeling van grondliggende vaardighede
- Emosionele, sosiale en kognitiewe groei
Skoolfooie
Ons skoolfooie kan óf vir die vol jaar vooruit, óf per maand vir 10 maande betaal word. Daar word korting aangebied op verskillende betalingsplanne, asook vir as daar meer as een leerder van dieselfde gesin in die skool is.
Op soek na ’n veilige, gestruktureerde en liefdevolle begin vir jou kind se skoolloopbaan?










