Ons Storie

Môrester Akademie is in April 1995 op die plaas Raskraal, 6 km buite Vanrhynsdorp, gestig. Me J.C. Zandberg was die eerste skoolhoof.

Ons eerste skoolhoof en stigter, Me J.C. Zandberg, of “Tannie Stompie”

In 2006 is die nuwe skoolgebou in Troe-troestraat betrek. Môrester Akademie is vanjaar 31 jaar oud.

Ons Onderwysers

Môrester Akademie Personeel 2026

Ons personeel: Voor van Links na Regs: Mev. Esterhuizen, Mev. van der Heever (Skoolhoof), Mnr. Brink, Mev. Pretorius.

Agter van Links na regs: Mev. Reynders, Mev. Brink, Mev. Husselman, Mev. Koch, Mev. du Toit.

Ons Filosofie

Die skool is eerstens op Christelike waardes en beginsels gegrond en wil tweedens Afrikaans as taal van onderrig behou, aangesien moedertaalonderrig vir ons van kardinale belang is. Ons streef daarna om ’n hoë standaard van onderrig te handhaaf deur gehalte-onderrig in kleiner klasse aan te bied. Ons glo dat onderrig die doeltreffendste is wanneer leerders ondersteun, verstaan en gemotiveer voel, en deur kleiner klasse kan ons betekenisvolle onderwyser-leerder-verhoudings bou en elke leerder se individuele behoeftes aanspreek.

Ons Leeromgewing

Ons het ook ‘n voorskool, die Môrester Kinderwerf, op ons perseel.

Ons Pret

Ons Finansies

Soos enige skool, ontvang ons ‘n subsidie vanaf die regering (WKOD), maar dit is ongelukkig nie genoeg nie. Ons maak dus staat op fondsinsamelings en donasies van die gemeenskap vir die groei en ontwikkeling van die skool.

Scroll to Top