Ons Finansies
Môrester Akademie is daartoe verbind om volhoubare, gehalte-onderrig aan ons leerders te bied. As ’n onafhanklike skool funksioneer ons op ’n gestruktureerde begroting wat daarop gemik is om ons akademiese standaarde, fasiliteite en personeelondersteuning te handhaaf.
Ons ontvang ’n subsidie van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) wat pro rata volgens leerdergetalle bereken word. Aangesien ons ’n kleiner leerdertal het, is hierdie subsidie beperk en dek dit nie al die operasionele en ontwikkelingskoste van die skool nie.
Om ons begroting te balanseer en voort te gaan met:
die instandhouding en opgradering van fasiliteite
belegging in opvoedkundige tegnologie
die toerusting van ons onderwysers met nodige hulpbronne
die handhawing van ’n hoë standaard van onderrig
maak ons staat op:
verantwoordelike skoolfondsbestuur
fondsinsamelings inisiatiewe
donasies uit die gemeenskap en van oudleerders
Môrester Akademie is geregistreer as ’n NPO (199-013NPO) en ’n PBO (930025773). Ons kan dus Artikel 18A-kwitansies uitreik vir belastingaftrekking waar van toepassing.
Alle donasies word verantwoordelik en deursigtig aangewend vir die doel waarvoor dit geskenk word.
Help ons om die toekoms van ons leerders te versterk deur vandag ’n bydrae te maak.
