Die Aansoek Proses
Môrester Akademie en Môrester Kinderwerf streef daarna om al die beleide, soos deur die Department van Basiese Onderwys aangewys, te volg. Dit beteken dat ons ‘n streng aansoek proses volg. Om dit vir u maklik te maak, gee ons vir u ‘n lys van al die inligting en dokumente benodig.
- Laai al die aansoek dokumente af en vul in
- Indien u die aansoek per e-pos gaan indien, maak asseblief seker dat elke dokument apart benoem en aangeheg word
- Volg die lys van dokumente wat saam met die aansoek ingehandig moet word
- Die skool sal die aansoek verwerk en u kontak indien die aansoek goed gekeur word
- 'n Afspraak sal met u gemaak word sodat die leerder 'n Afrikaanse taal toets kan doen, om seker te maak dat die leerder goed genoeg kan Afrikaans praat, verstaan, lees en skryf aangesien Môrester Akademie 'n Afrikaanse skool is
